Laerskool Lynnwood
My Tegnologie
"Digitale tegnologie kan nooit ʼn onderwyser in die klaskamer vervang nie, maar tegnologie in die hande van ʼn kreatiewe onderwyser, kan leer op hoër vlakke laat plaasvind. Tegnologie maak oplossings in onderwys moontlik wat vroeër ondenkbaar was."
Nuus!
Die einde van 2024 kom nader en dit beteken ook die einde van die huidige weergawe van die My Klas en My Tegnologie webblad.Die My klas en My Tegnologie webblad word vervang met 'n splinternuwe weergawe. Volgende jaar sal ons die nuwe jaar afskop met 'n nuwe My Klas webblad. Indien jy opmerk dat jy gerigistreer word vir die nuwe webblad wees asseblief bewus daarvan dat ek jou registreer vir volgende jaar.
Artikels
Ons maak almal van sosiale media gebruik. Dit is ‘n maklike manier om jou opinie te lig, inligting te deel en met ander te kommunikeer. Die meeste mense dink nie twee keer voor hulle ‘n vinnige WhatsApp boodskap uitstuur nie. Lees gerus hier om meer te leer oor wat die implikasies van so ‘n boodskap kan wees.
Ons leef ook in ‘n veranderende wêreld. Lees gerus hier hoe die klaskamer ook moet verander om tred te hou met hierdie verandeerende wêreld.
My Tegnologie © deur C.P. Esterhuizen