ReCaptcha inprop-program benodig 'n publieke sleutel in sy parameters. Tree asseblief in verbinding met 'n werf-administrateur.
Wat is die My Tegnologie webblad?
My Tegnologie is 'n IT hulpbron vir personeel, ouers en leerders van Laerskool Lynnwood. Inligting wat beskikbaar is vir leerders en ouers word beskikbaar gestel in die publieke area van die webblad. Geen gebruikersnaam en wagwoord word vir inligting wat vir leerders enouers beskikbaar is vereis nie. Slegs personeel teken in met 'n gebruikersnaam en wagwoord.
DIE MY Tegnologie WEBBLAD WORD GEBRUIK OM:
Opleiding word gedoen deur skakels na opleidingsdokumente, dokumentasie en drywers van die verskaffers van stelsels en hardeware wat deur leerders, ouers en personeel gebruik word.
IT-Hulp word verleen deur 'n sentrale plek waar foute aangemeld word en vordering kan gemonitor word met die oplossing van die probleem.
Skakels na ander stelsels wat deur leerders, ouers en personeel gebruik word. Voorbeelde hiervan is Office 365 wat deur leerder en personeel gebruik word.
Interne dokumente soos stylgids dokumente en Distruk memorandums word hier vir personeel se gerief geplaas.
Wat is die My Klas afdeling?
Die My Klas webblad is 'n e-leer stelsel vir Gr 6 en 7 leerders en word gebruik in die klas gedurende Rekenaarvaardighede en Sosiale-Wetenskappe. Leerders sal deur die onderwyser geregistreer word om van al die funksionaliteit wat hulle benodig op die webblad gebruik te maak.
Die My Klas webblad word gebruik om:
Internet toegang te beheer in die rekenaarsentrum en e-leer sentrum.
Inhoud te vertoon tydens LESAANBIEDING. Soms word ADISIONELE HULPBRONNE BYGEVOEGOFINHOUD word volgens die skool se behoeftes AANGEPAS.
INHOUD, AKTIWITEITE en MEMORANDUMS is beskikbaar. Soms word aktiwiteite wat in die handboek is aangepas, verduidelikkings word bygevoeg. Memorandums word ook gereeld aangepas volgens klasbesprekings.
VIDEOS en ANDER HULPBRONNE word ook hier geplaas. Soms maak ons, ons eie videos en klankopnames en soms plaas ons toepaslike videos van ander verskaffers. Hierdie videos word met toestemming van die vervaardiger se Youtube lisensie in die webblad geplaas.
E-AKTIWITEITE is beskikbaar vir leerders wat ekstra oefeninge wil doen. Hierdie e-aktiwiteite kan gebruik word as hersienning, vaslegging van konsepte of dit kan opgestel word as 'n assessering.