Wat moet ek doen om MS Teams op my rekenaar/foon/ tablet rekenaar af te laai?

Jou beginpunt is altyd Microsoft Office se landingsblad: https://www.office.com

Picture_3 Wat moet ek doen om MS Teams op my rekenaar / tablet / slimfoon af te laai

Hier teken jy in met die gebruikersnaam en wagwoord.

  • LEERDER NAAM: Jan van Riebeeck (Die gebruikersnaam dien ook as jou skool e-pos adres)
  • WAGWOORD:

Picture_4 Wat moet ek doen om MS Teams op my rekenaar / tablet / slimfoon af te laai

ADDISIONELE INLIGTING

Die eerste keer wat jy inteken sal Office vir jou vir addisionele inligting vra. Jy moet dan jou (die ouer) selfoonnommer en e-posadres  registreer. Dit stel jou in staat om self jou kind se gebruikersnaam en wagwoord te kan redigeer of herwin indien jy dit sou vergeet het. Indien jy nie jou e-posadres en selfoonnommer vir hierdie doel registreer nie sal jy afhanklik van die skool wees om enige veranderinge te maak as julle probleme sou ondervind om in te teken. Die skool kan hiermee help maar jy sal moet aanvaar dat dit nie altyd dadelik gedoen kan word nie.

  • Jou GEBRUIKERSNAAM is die kind se naam punt(.) van Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 
  • Jou WAGWOORD is 'n wagwoord wat deur die skool geskep was. Alle leerders se wagwoord is dieselde en sal aan die begin van die jaar aan ouers gegee word. Ouers kan die wagwoord verander maar moet bewus wees daarvan dat die kinders ook by die skool gedurende rekenaar vaardighede moet kab inteken in hulle profiel. Indien jy die wagwoord verander sal dit jou verantwoordelikheid wees om jou kind te leer om in en uit te teken met sy gebruikernaam en wagwoord wat jy dan vir hou geskep het.

Teken nou in met jou kind e-posadres  as jou gebruikersnaam en jou wagwoord.

Jy is nou in die Microsoft portaal waar al die sagteware gereed lê om in die webapp “browser”  gebruik te word. Indien daar 'n aflaaibare weergawe by die ooreenkoms ingesluit is sal die "download" knoppie beskikbaar wees. Soos vroeër reeds gesê, is sommige sagteware volgens die Microsoft A1 ooreenkoms slegs deur die "webapp ” beskikbaar. Indien hulle vir ons 'n aflaaibare weergawe gee sal daar 'n “download software” knoppie wees. Vir Word, Excel, PowerPoint en Outlook verkry ons slegs toegang deur die webApp maar vir Teams kry ons ‘n aflaaibare “App” wat jy op jou rekenaar kan installeer. Grrad 6 en Graad 7 ;eerders sal dus by die skool van die webapp gebruik maak want hulle gaan van hierdie programme gebruik maak vir hulle projekte tydens rekenaarvaardighede.

Picture_5 Wat moet ek doen om MS Teams op my rekenaar / tablet / slimfoon af te laai

Indien jy in die Teams "webapp" ingaan sal jy egter opmerk dat daar 'n aflaai “download” skakel is. Hier kan jy die "App" aflaai en installeer.

 Picture_6 Wat moet ek doen om MS Teams op my rekenaar / tablet / slimfoon af te laai

'n Teams groep sal vir elke vak in die leerder se profiel sigbaar word sodra die vakonderwyser die leerder aan die vak gekoppel het. Indien u nie ‘n spesifieke vak kan sien nie moet u asseblief die vakonderwyser kontak. 

Sodra ‘n les deur ‘n onderwyser opgestel is  sal dit 'n kennisgewing op elke persoon wat genooi is om deel te neem aan die les in sy vak se “Teams” plaas. Jy behoort ook kennisgewings op jou foon, tablet of rekenaar te ontvang maar dit sal van jou persoonlike opstelling afhang. Jy sal herinner word om by die les aan te sluit voor die les begin. Jy kan 'n foon tablet of rekenaar gebruik om by die les aan te sluit. Kliek net in die uitnodiging op "Join". Daar is nie noodwendig opnames vir elke les nie. Slegs opnames van nuwe inhou word gemaak. Aan die linkerkant van jou Teams groep sal jy knoppies vind:

  • General - hierdie kanaal word deur teams geskep. Dit kan nie deur die onderwyser hernoem of weggeneem word nie. Dit word slegs as algemene landingsblad gebruik. Onderwysers kan algemene inligting hier plaas wat nie van toepassing is op 'n spesifieke kwartaal se inhoud nie.
  • Kwatraal 1 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)
  • Kwartaal 2 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)
  • Kwartaal 3 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)
  • Kwartaal 4 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)

Die volgende hulpbronne is voorbeelde van hulpbronne wat aangewend kan word tydens 'n "les". MS Teams integreer met alle Microsoft produkte en ook met baie nie-Microsoft produkte.

  • Powerpoint
  • videos: Intern of Youtube
  • Visualizer
  • Whiteboard
  • Pdf-dokument
  • Webwerwe

 Onderwysers sal hulpbronne aan lesse koppel wat bydrae tot die leeruitkoms.

Ek is beskikbaar vir hulp in die middae na skool (14h00 tot17h00) vir tegniese ondersteuning. Stuur asseblief u versoek per e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. . Geen WhatsApp navrae sal hanteer word nie. Indien u ‘n vaknavraag, bv. Wiskunde het, sal u die vakonderwyser moet kontak aangesien elke vakonderwyser sy eie “Teams” bestuur. Ek het nie noodwendig toegang tot ander personeel se “Teams” nie. 

Coenie Esterhuizen

­