Wat is MS Teams?

In ‘n poging om leerders tuis te ondersteun implementeer ons Microsoft Teams. Microsoft Teams is deel van Microsoft Office 365. Ons het vir elke onderwyser en leerder ‘n Microsoft Office rekening geskep. Met hierdie rekening sal u in u kind se Microsoft Teams profiel kan inteken waar hy / sy sal toegang hê tot hulpbronne en lesmateriaal.

Microsoft Teams

Microsoft Teams is sagteware wat ‘n kommunikasie- en samewerkingsplatform tussen die skool, ouers en leerders skep.

Dit bied kletsgroepe, video-byeenkomste , lêerberging (insluitend lêersamewerking) en toepassingsintegrasie vir werkgroepe.

Die diens integreer met die produktiwiteitsuite van Office 365 en bevat uitbreidings wat kan integreer met nie-Microsoft-produkte, soos webblaaie, videos, ens.

Die skool maak gebruik van Microsoft se "A1 Education" ooreenkoms vir leerders en die "A3 Education" ooreenkoms vir personeel. Dit beteken dat die skool vir alle personeel en leerders toegang kan gee tot 'n reeks Microsoft produkte, sommiges slegs deur die WebApp en vir ander is daar aflaaibare "Apps" wat op jou rekenaar of tablet geïnstalleer kan word.

­