Hoe verkry besoekers en studente onderwysers toegang tot die WiFi (Internet)?

Slegs besoekers, waarnemende personeel en studente wat toestemming het mag van die netwerk gebruik maak. Indien jy nie kwalifiseer vir gebruik van die skool wifi nie moet jy jou eie wifi gebruik. Gaste wat die skool besoek of fasiliteite gebruik vir aktiwiteite wat nie verwant is met Laerskool Lynnwood nie moet van hulle eie internet gebruik maak. Jy kan internet verkry deur jou selfoon of ‘n internet wifi router van jou eie.

vodafone-r207-3g-wifi-router My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry besoekers en studente onderwysers toegang tot die WiFi (Internet)?

Besoekers, waarnemende personeel en studente wat van die WiFi mag gebruik maak moet ten minste ‘n dag voor jou besoek reël vir jou internet voucher. Indien Mnr. Coenie in ‘n klas besig is gaan vouchers nie uitgereik word nie al is dit “Dringend” – beplan asseblief! As jy nie gereël het nie bring asseblief jou eie wifi)

jy kan een van die volgende personeel kontak om jou te help om vir 'n internet voucher te reël.

  • Me. Charlotte Mooij: Ontvangs (Sal Coenie kontak vir voucher)
  • Mnr. Steve Stolk: Uitvoerende hoof (Sal Coenie kontak vir voucher)
  • Me. Ilse de Villiers: Senior Adjunkhoof (Sal Coenie kontak vir voucher)
  • Me. Elzanne Botha: Finansies (Sal Coenie kontak vir voucher)
  • Mnr. Coenie Esterhuizen: IT (Kan voucher verskaf. Indien ten minste een dag voor die besoek gereel)

Gaste en studente wat toestemming verkry om  die intermet te gebruik moet bewus wees daarvan dat webblaaie wat jy besoek sal deur die skool se Firewall gemonitor word. Die skool sal dus kan sien watter webtuistes besoek word en hoeveel tyd op die webblad gespandeer word. Indien nodig kan internet toegang gestaak word. Besoekers en studente moet dus die internet slegs vir skoolgebruik aanwend. Enige misbruik van die internet sal daartoe lei dat internet toegang gestaak word.

 Jy plaas self jou toestel op die Wifi! 

7E9F22E1-A378-4591-B703-AA9CC89D273F_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry besoekers en studente onderwysers toegang tot die WiFi (Internet)?

Besoekers en studente maak van die "Lynnwood Gaste" netwerke gebruik. Kies die "Lynnwood Gaste" netwerk. Wanneer dit gevra word lees jy die netwerk wagwoord in om te koppel aan die netwerk.

Lynnwood Gaste - Pwd: GaStE1234 LET WEL: GOLF, alpha, SIERRA, tango, ECHO, 1234

 

203C59E5-E0ED-4771-8015-E45891707065_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry besoekers en studente onderwysers toegang tot die WiFi (Internet)?  

Maak nou ’n Internet browser oop (Op Apple iPhone, iPad of Mac gewoonlik Safari. Op Android gewoonlik Chrome of Brave op Windows gewoonlik Chrome, Edge, Firefox of Brave).

’n “Login” bladsy met Laerskool Lynnwood se Logo sal oopmaak. Lees die “Voucher” nommer hier in. Indien die Login bladsy nie oopmaak as jy jou browser oopmaak nie kan jy die volgende probeer. Maak die browser toe en gaan na settings. Sit jou mobiele data af want jou foon het moontlik van mobiele data gebruik gemaak i.p.v. Wifi. Gaan terug na die browser en probeer weer. Ek het dit al gekry dat die "Connect" bladsy steeds nie vertoon nie. Dan maak ek die browser weer toe en weer oop tot dit vertoon. Somige fone is geneig om nie dadelik die Conect bladsy in die browser te wys nie. Die meeste fone werk egter die eerste keer korek.

8DA1CCE6-534C-4975-8C36-E3E5922B1125_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry besoekers en studente onderwysers toegang tot die WiFi (Internet)?

Hierdie “voucher” is slegs geldig vir een toestel en kan net een maal gebruik word. 

Screenshot_2022-02-24_at_52405_PM My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry besoekers en studente onderwysers toegang tot die WiFi (Internet)?

Nadat jy die Voucher nommer ingelees het en op die "Connect" skakel gklik het behoort jy "internet" toegang te hê. Ek toets dit altyd voor ek weer my mobiele data aanskakel.

Jy behoort nou internet toegang te hê


You don`t have permission to comment here!
­