WiFi 

Jy plaas self jou toestel op die Wifi!

Die skool maak van drie netwerke gebruik.

Personeel rekenaars maak gebruik van die "Lynnwood Personeel" netwerk.

Personeel rekenaars

Alle personeel rekenaars wat op die "Personeel netwerk" geplaas word moet gebruik maak van 'n program wat jou toegang tot die internet en dienste soos die toshiba drukkers gee. Hierdie program kan net deur die IT-kantoor op jou rekenaar gelaai word. Geen ander toestelle soos slimfone word op hierdie netwerk geplaas nie. Al die rekenaars in die skool wat internet toegang moet hê word nou beheer deur die skool se firewall. Jou rekenaar kry toestemming by die firewall om die internet te gebruik deur 'n program wat jou inteken op die firewall.

Client Authentication Agent

Mobiele netwerk

Personeel met mobiele toestelle gebruik die Lynnwood Mobiele netwerk.

Mobiele netwerk

Hierdie mobiele netwerk het nie toegang tot alle dienste nie. Die doel van hierdie moebiele netwerk is om slimfone van personeel op die internet te plaas sonder om toegang tot die hele netwerk te gee. Hierdie mobiele netwerk gebruik 'n WiFi voucher wat jy by die IT-Kantoor kry. Jy plaas self jou toestel op die netwerk.

Die volgende proses kan gevolg word.

Vra 'n Wifi voucher aan by die IT-kantoor. Die voucher wat jy sal ontvang kan soos die onderstaande voorbeeld lyk. 

Screenshot_2022-02-24_at_52405_PM My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry personeel toegang tot die Internet en netwerk?

Hierdie “voucher” is slegs geldig vir een toestel en kan net een maal gebruik word.

Indien jy as personeel aangestel is in ‘n permanente pos sal die “voucher” opgestel word om eers na 1095 dae, m.a.w. drie jaar te verval. Indien jy die voucher de-aktiveer (forget) sal jy dit nie weer kan aktiveer nie. Jy sal dan 'n nuwe voucher moet aanvra. Tydelike personeel, assisstente en studente se voucher sal ‘n korter verval datum hê. Kyk hoe lank jou voucher geldig is. Indien jy na die vervaldatum weer 'n voucher benodig moet jy 'n nuwe voucher aanvra.

Voltydse personeel sal dus hul toestel op die netwerk kan plaas en dit sal geldig bly totdat jy van toestel verander of indien daar ‘n probleem met die toestel is en die wifi gedeaktiveer word (Forget this network). Ons het ook al beleef dat personeel wat baie hulle Wifi aan en af skakel se vouchers verval soms. Jy moet dus die wifi opstel en dit los.

Besoekers sal elke keer wat hulle die skool besoek ‘n voucher moet kry vir die tydperk wat hulle die skool besoek.

Jy plaas self jou toestel op die Lynnwood Wifi

7E9F22E1-A378-4591-B703-AA9CC89D273F_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry personeel toegang tot die Internet en netwerk?

Kies die regte wifi:

2DD82706-56C4-49E4-9ED5-93B960237066_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry personeel toegang tot die Internet en netwerk?

 

Jy moet eers jou toestel aan die netwerk koppel. Kies die "Lynnwood Mobiele" netwerk. Sodra jy gevra word lees jy die netwerk wagwoord in.

Lynnwood Mobiele netwerk – Pwd LyNNw00D (Alle personeel mobielle toestelle. Dit sluit selfone, iPad’s en ander tablette en enige ander toestel wat vir die uitvoer van jou pligte op die netwerk geplaas moet word in.)

LET WEL - PWD: LIMA, yankee, NOVEMBER, NOVEMBER, whiskey, Zero, Zero, DELTA

49C722CC-CE9A-4CDD-A55F-A68AAAFA7B40_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry personeel toegang tot die Internet en netwerk?

Jou toestel behoort nou aan te dui dat jy aan die netwerk gekoppel is maar nie internet toegang het nie.

Maak nou die internet browser (Safari op iPhone, Chrome of Brave op Andriod) oop. ’n “Login” bladsy met Laerskool Lynnwood se Logo behoort nou te verskein. (Ek het dit al gekry dat hierdie bladsy nie vertoon as ek die browser oopmaak nie. Ek probeer dan maar om die toestel se mobile data af te skakel en weer die bladsy oop te maak. Ek het al gekry dat die bladsy steeds nie vertoon nie. Ek maak dan maar weer die browser toe en oop totdat die bladsy vertoon. Fone tree nie altyd dieselfde op nie. In die meeste gevalle werk alles sonder probleme. Indien jy jou mobiele data afgeskakel het om die bladsy te laat vertoon moet jy onthou om dit weer aan te skakel as jy klaar is.

Sit die “Voucher” nommer hier in.

Nou lees jy die voucher se nommer in en klik op "Connect"

8DA1CCE6-534C-4975-8C36-E3E5922B1125_1_102_o My Tegnologie - Laerskool Lynnwood personeel IT-Stelsel - Hoe verkry personeel toegang tot die Internet en netwerk?

Jy behoort nou op die internet te wees. Ek toets altyd terwyl my "mobile data" afgeskakel is. Ek skakel weer my mobile data aan sodra ek tevrede is dat dit werk. Jou foon sal dan die Wifi gebruik wanneer jy by die werk is en "mobile data" wanneer jy nie van Wifi gebruik maak nie. 


You don`t have permission to comment here!
­